Engela SóZó Art and Portfolio
Engela SóZó
Engela's portfolio:
Vanaf laerskool-jare was dit genotvol om die natuur te bewonder en potloodsketse te maak. Daarmee saam het ek dit ook geniet om my gedagtes neer te pen in beryminge, prosas en gedigte. My lewe was egter so besig met bemarking dat daar nie veel tyd was vir skilder nie, alhoewel ek tog tyd gemaak het om te skryf.
Ek het my egter voorgeneem om later jare ernstig te begin skilder. My eerste klasse in olieverf het ek geneem tydens my verblyf naby Hillcrest. Die Vallei van duisend heuwels met sy pragtige natuurskoon was ‘n groot inspirasie. ‘n Paar jaar later het ons verhuis na Pretoria waar ek klasse gedoen het in pastel, waterverf en olieverf. Olieverf bly egter my liefde. Ek kombineer dit soms met ink en gemengde mediums. Ek geniet dit om landskappe, stillewe en blomme te doen. Ek probeer ook om ‘n woord-skildery te doen vir elke kunswerk. My kuns is reeds in die Vereenigde Koninkryk verkoop en was in Parys en Potchefstroom in galerye uitgestal. Ek het my waterverf onder my noemnaam Ina geskilder maar het besluit om onder Engela Sòzò te skilder. Die betekenis van die woord in Hebreeus beteken vir my so baie en ek wil dit graag indra in elke huis waar my skilderye ‘n tuiste vind. (Redding vir en uit enige omstandigheid.)
Ek is getroud met vier seuns. Twee seuns is in London en twee gelukkig nog hier in Suid-Afrika. Twee pragtige kleinkinders in Pretoria. Na sewe jaar in Pretoria het ons verhuis na die pragtige Boland. Hier waar berg en see mekaar ontmoet het ek weer nuwe inspirasie gekry om te skilder.
Sōzō -to save, keep safe and sound, to rescue from danger or destruction one (from injury or peril) to save a suffering one (from perishing), i.e. One suffering from disease, to make well, heal, restore to health - to preserve one who is in danger of destruction, to save or rescue